03/06/2026
✨ Ontmoet vir Niré Raaths ✨
Sy is een van ons toegewyde SAIPA-klerke. Wanneer sy nie besig is om haar studies en klerkskap te balanseer nie, bring sy haar positiewe energie en ywer na die kantoor.
Ons is bly om haar in ons span te hê! 💙🙌
02/06/2026
✨ Ontmoet vir Wendy Koekemoer ✨
Met haar vriendelike geaardheid, oog vir detail en passie vir wat sy doen, is sy ’n groot aanwins vir ons span.
Ons is trots om haar deel van die Van Dyk Smit-familie te hê!
29/05/2026
✨ Ontmoet vir Charine ✨
As jy al met ’n vriendelike stem by Van Dyk Smit gepraat het… was dit waarskynlik Charine! 😄
Sedert 2015 is sy ’n belangrike deel van Van Dyk Smit Finansiële Dienste en ons is baie gelukkig om haar deel van die span te hê.
28/05/2026
✨ Ontmoet vir Maretha Smit✨
Haar vriendelike gesig, ondersteuning en toewyding maak elke dag ‘n verskil.
Ons is dankbaar om haar deel van Van Dyk Smit Finansiële Dienste te hê!
27/05/2026
✨ Ontmoet vir Hendrik Smit ✨
Met sy passie vir oudit en sterk leierskap bring hy waarde en integriteit vir ons firma.
Ons is trots om Hendrik deel van die Van Dyk Smit familie te hê! 💼
26/05/2026
🌟 Ontmoet vir Sybrand van Dyk 🌟
Met jare se ervaring, wysheid en ’n passie vir mense, is Sybrand ’n groot deel van die hart van Van Dyk Smit Finansiële Dienste.
Ons is trots om hom deel van ons span te noem!
17/05/2026
Baie geluk, Wendy.
Mag dit ń baie geseënde jaar wees en vandag ń groot bederfdag.
Dankie vir die verskil wat jy in so kort tydjie reeds by VDSFS maak.
17/05/2026
Baie geluk, Hendrik!
Mag die Here jou in oorvloed seën hierdie nuwe jaar.
Dankie vir die leier wat jy is en die mooi voorbeeld van harde werk en ń goeie mens wees.
Lekker verjaar!
14/05/2026
Mag jul elkeen vandag 'n Geseënde Hemelvaart beleef. Mag jy vandag opnuut aan die hoop vashou dat Jesus weer terugkom om ons te kom haal.