Tax Consulting US

Tax Consulting US Our practice provides Tax planning and Compliance services, Green Card application, Federal and State company set-up, Accounting work and Forex.

In partnership with Tax Consulting SA our offering of global financial services are constantly expanding.

02/06/2024

Basiese H2A belasting inligting

Belasting waarhede
Tax Consulting SA (TCSA) is die outeur van die boek, “Expatriate Tax” wat deur SA ouditeure en rekenmeesters gebruik word vir leiding rakende Expatriate Taxes.

Tax Tax Consulting US (TCUS) bedien H2A werkers in Afrikaans, of Engels, en verduidelik kliënte in eenvoudige terme hoe om hul belasting te bestuur.

Logika en die wet
Dit is nie nodig om wette in diepte te verstaan om te weet of iets logies sin maak al dan nie.
1. Maak dit logies sin dat ‘n werker relatief goeie geld verdien maar nêrens in die wêreld belasting daarop hoef te betaal nie? Die antwoord is nee.

2. Maak dit logies sin dat ‘n werker in beide VSA en SA op dieselfde inkomste verdien belasting moet betaal, dus dubbel belasting? Nee, dit sal onbillik wees.

3. Maak dit logies sin dat werkers self besluit wat, waar en hoeveel belasting hulle betaal, sonder om aan die IRS of SARS enige skriftelike verduideliking te gee? Nee, dit sal chaos veroorsaak as daar nie papier spore is nie, dus opgawes, wat verduideliking gee nie.

4. Die vrae wat dus sin maak om te vra is:
a) In watter land moet ek belasting betaal?
b)Wat moet ek doen om die minste moontlike belasting te
betaal? en
c) Watter papierwerk moet ek in beide lande doen om my
besluite te regverdig?
d) Hoe weet die IRS van my? Die werkgewer trek salaris
uitgawes van sy/haar belasting af en dien vorm “W2” in as
bewys van dié uitgawe. Dit maak nie logies sin vir die boer
om nie salaris uitgawes van sy belasting af te trek nie.

5. ‘n “W2 vorm” is ‘n een bladsy dokument wat die boer wetlik verplig om voor einde Januarie aan die werker te stuur en dit dui die volgende aan:
a)Die werker se Social Security Number (SSN) en die
werkgewer belasting nommer (EIN)
b)Die werker se totale verdienste vir die finansiële jaar.
c) Hoeveel, indien enige, belasting van die werker afgetrek is.
* Volgens wet moet die boer ‘n W2 uitreik ongeag of belasting afgetrek is of nie!

6. Tipes VSA belasting
a)Federal income tax
i) Indien meer as 6 maande in VSA gewerk => Betaal
persoonlike inkomste belasting in die VSA
ii) Tussen 5-6 maande => Jou arriveer en vertrek datums
bepaal of jy in die VSA of SA belasting moet betaal
iii) Minder as 5 maande => Betaal waarskynlik nie in VSA
nie, maar wel in SA

* Presiese datums is deurslaggewend! (VSA en SA finansiële jare verskil en so ook formules vir “dae” in elke land vir die finansiële jaar)

b) Social Security tax is bydraes tot ‘n tipe aftree fonds en
daarom is H2A werkers hiervan vrygestel

c) Medicare tax is ‘n tipe hospitaal plan betrekking op aftrede
en gestremdhede en daarom is H2A werkers hiervan
vrygestel

d) State tax - daar is 9 state wat geen inkomste belasting hef
nie – in al die ander state moet H2A werkers state tax
betaal.

7. SARS
a) Om nie buitelandse inkomste te verklaar nie, is ‘n kriminele
oortreding! (Sec 22 / Act 58 verwys)
‘n Zero opgawe val in hierdie kategorie en sal ook nie ‘n
oudit slaag nie.
b) Vrystelling op buitelandse inkomste verdien is NIE
outomaties nie – werkers moet bewys lewer dat hul aan
SARS se vereistes voldoen. (Sec 10(1)(o))
c) Indien voldoen aan SARS vereistes, betaal die werker nie in
SA nie ,maar wel in die VSA belasting. Indien die werker nie
aan SARS se vereistes voldoen nie betaal die werker in SA
maar nie in die VSA belasting nie.

8. TCUS gebruik jou W2 en ‘n TCUS inligtingvorm wat jy voltooi om:
a) Vir jou feitlik korrekte inlgiting op jou spesifiek betrekking
te gee sodat jy ingeligte belasting besluite kan neem.
b) Gee vir jou ‘n opsomming met verwagte uitkoms van jou
VSA en SA belasting posisie.
c) Met jou goedkeuring word nodige opgawes namens jou
ingedien.

9. TCUS bied omvattende immigrasie dienste, asook besigheidsregistrasie- en finansieringsdienste aan.
Vir gratis konsultasie om jou belasting te bespreek kontak vir Mars van der Colff by [email protected] // 072 123 7000 (SA sel en WhatsApp) of (949) 340 6825 (USA landlyn en sms)

ONSEKERHEID: SARS SE NUWE "TRAVEL PASS" Thomas Lobban (Legal Manager, Cross-Border Taxation – Tax Consulting SA)Die “Tra...
10/25/2022

ONSEKERHEID: SARS SE NUWE "TRAVEL PASS"
Thomas Lobban (Legal Manager, Cross-Border Taxation – Tax Consulting SA)

Die “Travel Pass” is primêr gemik op die daarstelling van ‘n meer effektiewe proses vir die verklaring van items - tans ‘n “pen en papier” proses wat alle reisigers voltooi.
SARS self het nog nie duidelike riglyne gegee nie en het die webblad wat na die “Travel Pass” verwys van hul webwerf verwyder. https://www.sars.gov.za/latest-news/new-online-traveller-declaration-coming-soon/

Die voorgestelde proses het tans GEEN effek op H2A werkers of enige ander reisigers vanuit ‘n permit perspektief.

Tax Consulting SA, outeur van “Lexisnexis Expatriate Tax Text Book”, se webblad het gereelde artikels, podgooie en bied verskeie aanlyn asook in persoon seminare aan in verskeie lande vir SA’ers wat buitelandse inkomste verdien.

Gesamentlik verseker Tax Consulting SA / US dat H2A werkers se globale belasting strategie optimaal bestuur word.

H2A werkers kan vir Mars van der Colff kontak vir inligting en hulp met hul VSA en SA belasting
VSA (864) 274 0700 (Tel en SMS)
SA 072 123 7000 (Whatsapp)
[email protected]

Address

7 Clifton Grove Way
Simpsonville, SC
29681

Opening Hours

Monday 7:30am - 5:30pm
Tuesday 7:30am - 5:30pm
Wednesday 7:30am - 5:30pm
Thursday 7:30am - 5:30pm
Friday 7:30am - 5:30pm

Telephone

+27721237000

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Tax Consulting US posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Tax Consulting US:

Shortcuts

Share