Noordelike Helpmekaar-Studiefonds

Noordelike Helpmekaar-Studiefonds

Share

Het jy geld nodig vir naskoolse studie? By die Noordelike Helpmekaar-studiefonds laat ons jou drome waar word!

18/05/2026

NHS HELP TALLE STUDENTE OP DIE PAD NA SUKSES

“Die Noordelike Helpmekaar Studiefonds (NHS) help want ons gee studielenings. Ons noem onsself die NHS, want ons werk op die beginsel van ons help jou – sodat jy ander kan help. Ná studies begin jy jou lening afbetaal – sodat iemand anders weer met ’n lening gehelp kan word.”

Aldus mnr. Johan de Wet, voorsitter van die NHS, by geleentheid van die fonds se onlangse “prestigedag” waar top-studente met merietetoekennings vereer is

In die byna 60 jaar van die Noordelike Helpmekaar Studiefonds (NHS) se bestaan het die fonds na skatting reeds tussen 2 000 – 3000 jong mense op hul pad na sukses gehelp. Vanjaar is 85 nuwe lenings toegestaan, dus is meer as 300 jong mense op hierdie oomblik iewers besig óf om te studeer, óf om hul lenings af te betaal.

Húlle is vereer

• Nicole Brits het ’n BSc-graad in Menslike Fisiologie, Genetika en Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria, asook ’n BSc Honneurs-graad in Menslike Genetika met lof aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf. Sy is tans besig met ’n nagraadse diploma in Publieke Gesondheid – “’n veld waarin ek ’n besondere belangstelling het en wat ek graag met my bestaande kennis wil integreer terwyl ek daarna streef om in die toekoms ’n dokter te word.”

• Luna Celliers het in 2025 ’n BA-graad in Geesteswetenskappe met lof aan Stellenbosch Universiteit voltooi. Haar spesialiteitsvelde was Geskiedenis en Sosiologie. Sy het vanjaar met ’n Honneurs-graad in Geskiedenis begin, waarin sy vaardighede ontwikkel in Omgewing- en Bewaringsgeskiedenis, met die oog op werk in omgewingsbeleid werk of verdere navorsing.

• Ewan de K**k het ’n graad in Elektromeganiese Ingenieurswese aan Noordwes-Universiteit met lof behaal. Hy werk tans by OnTrack Technologies op Potchefstroom se vliegveld. Sy studiejare was moeilik... “tot God ingegryp het. EK het toe nie my eerste eksamen gedop nie, en vier jaar later is ek besig om te werk, met my studies in Ingenieurswese Cum Laude agter die rug...met dieselfde bonatuurlike rustigheid en vrede wat my lewe oorheers.”

• Bianca Els het die graad LLB met lof aan die Universiteit van Pretoria behaal. Sy is tans ’n kandidaatprokureur en wil haar leerkontrak binne die volgende jaar suksesvol afhandel sodat sy haar loopbaan in die regsveld “met toewydig en integriteit kan voorsit”. Benewens haar studies, handhaaf sy ook ’n gesonde en aktiewe leefstyl deur onder meer gereeld aan Crossfit- en Hyrox-geleenthede deel te neem.

• Wilmari Erasmus het die graad MBChB-graad aan die Universiteit van Pretoria met lof voltooi – “ ’n prestasie waarvoor ek baie dankbaar is en wat jare se harde werk en deursettingsvermoë weerspieël.” Vir Wilmari is geneeskunde nie net ’n loopbaan nie, maar iets wat na aan haar hart lê. “Ek sien daarna uit om as jong dokter ’n verskil in mense se lewens te maak.”

• Abri Niewoudt het in 2025 sy 4-jaar-onderwys-graad vir die fase Senior en Verdere Onderwys en Opleiding (VOO) met Fisiese Wetenskap en Ingenieursgrafika en Ontwerp (IGO) aan Noordwes-Universiteit met lof voltooi. Hy is tans ’n onderwyser aan die Hoërskool Lydenburg in Mpumalanga en geniet sy werk terdeë.

• Mia Janse van Rensburg het die graad MBChB met lof aan die Universiteit van Pretoria voltooi. Sy werk as ’n intern, waar sy daagliks die geleentheid kry om haar kennis in die praktyk toe te pas en verder te ontwikkel “in ’n veeleisende, maar vervullende omgewing”.

Benewens haar akademiese prestasie, het sy ook baie baat gevind by kliniese blootstelling en interaksies met pasiënte en kollegas. “Hierdie ervarings het my nie net as student gevorm nie, maar ook as mens, deur my te leer om met empatie op te tree, onder druk te funksioneer en verantwoordelikheid te neem in uitdagende situasies.”

15/05/2026

WAARDEVOLLE WENKE VIR DIE LOOPBAAN- EN LEWENSPAD

In ’n snel veranderende wêreld waar die mensdom byna deurgaans met nuwe uitdagings en feller mededinging gekonfronteer word, kan jy baie baat vind by die raad van ervare presteerders wat al ver, én met onderskeiding, op die lewenspad gevorder het. Dít sal menige mens, jonk en oud, beaam.

Gegrond op sy eie lewenservaring, het prof. Jannie Rossouw, voormalige hoogleraar aan die Sakeskool van die Universiteit van die Witwatersrand en direkteur van die Noordelike Helpmekaarstudiefonds (NHS), topstudente wat onlangs in Roodepoort met merietetoekennings vir hul akademiese prestasies vereer is, met tien waardevolle wenke op hul pad vorentoe toegerus:

• Eerstens het hy daarop gewys dat almal onseker is oor keuse. “Maak goeie keuses, gebaseer op beskikbare inligting. As toppresteerders is die wêreld aan julle voete, maar kies met oorleg. Ander kan nie vir jou kies nie; dis jou eie verantwoordelikheid.”

Wat goeie keuses betref, het prof Rossouw eweneens gewaarsku oor die lokval van té veel krediet. “Wanneer studente begin werk, word hulle oorval met kredietaanbiedings. Almal wil vir julle geld leen. Wees versigtig, want lenings neem lank om terug te betaal. Om skuld te betaal, te beperk en oordeelkundig aan te wend, is ’n baie goeie strategie.”

• Ondanks twyfel by sommige afgestudeerdes dat onderwysstandaarde besig is om te verswak, glo prof. Rossouw vas dat Suid-Afrika se naskoolse onderrigstandaarde hoog is én hoog gaan bly. “Studente kan dus rustig slaap oor die gehalte van hul Suid-Afrikaanse kwalifikasies.”

• Dankbaar vir die onderrig, opleiding en toerusting wat hy gekry het, het prof. Rossouw derdens gewys op die belangrikheid van die woord dankie. “Gebruik dieselfde energie om dankie te sê as wat jy gebruik het om te vra,” het hy benadruk.

• Kommer in SA én weens oorloë aan die internasionale front, maak ons toenemend onseker, het hy vierdens aangestip. “Dus is dit belangrik om, ten spyte van al hierdie onsekerhede, fokus te behou. Sukses volg op harde werk, nie op paniek of angs nie.”

• Speel die kaarte wat die lewe jou gee so goed as moontlik, was sy vyfde boodskap. “Die lewe gee ons nie kaarte waarvan ons droom nie. Die lewe kan moeilik wees, en ons almal moet leer om dit te hanteer. “Die lewenspad is nie sonder duwweltjies nie. Deel van groei en sukses is ook die vermoë om teleurstelling die hoof te bied.”
• Voorts moet mens besef dat aanpasbaarheid noodsaaklik is. Die omgewing en sosiale gedrag verander, en ons almal moet deurlopend nuwe kundigheid aanleer om daarby aan te pas.

• As ekonoom was sy sewende boodskap dat inflasie niemand se vriend nie. “Ek gebruik dus graag die uitdrukking Inflation is ungood™.” (Sy handelsmerk). Helaas is dit iets is waarmee ’n mens moet saamleef en waarby jy moet aanpas ten opsigte van aftreebeplanning aangesien “inflasie veral pensioenarisse hard tref, want hul inkomste hou nie tred met prysstygings nie”.

“Sedert 1976 het pryse in Suid-Afrika weens inflasie gemiddeld met ’n faktor van sowat 60 gestyg. As ’n mandjie goedere toe R10 gekos het, sal dit nou gemiddeld R600 kos. Bruinbrood se prys was 12c en die prys van petrol aan die einde van 1976 was 22c/liter.” Dit is werklikhede waarby ’n mens eenvoudig moet aanpas.

• Wenk nommer 8: Die verantwoordelikheid om vryheid van spraak en mediavryheid te beskerm, rus op die skouers van vandag se student. “Onthou ook dat vryheid van spraak beteken dat ons mag praat, maar dat diegene wat van ons verskil, ook die reg het om gehoor te word. Ons moet ook onthou dat vryheid van spraak slegs van waarde is saam met vryheid na spraak, met ander woorde die reg om te praat en te skryf sonder enige vrees vir negatiewe nagevolge.”

• “Harde werk is dikwels belangriker as akademiese prestasie. Suksesvolle studie en loopbaansukses gaan dus volg, selfs vir diegene wat net gemiddeld presteer.” Dít het prof. Rossouw vroeg in sy jare as universiteitstudent geleer.

• Desondanks moet ’n mens ook die lewe geniet, het hy ten slotte beklemtoon, “Die lewe is kort, geniet elke dag en geniet elke ding wat gedoen moet word. Gryp elke geleentheid!”

22/04/2026
VivA steek sy kleim af in die digitale wêreld 03/02/2026

VivA steek sy kleim af in die digitale wêreld VivA steek sy kleim af in die digitale wêreld Februarie 3, 2026 Aktueel, Werd om te weet 0 Kreatief. Veerkragtig. Inklusief. Met die viering van VivA (Virtuele Instituut vir Afrikaans) se eerste dekade kan ’n mens met reg sê dat die organisasie nie net gevestig is nie, maar stewig in die digital...

22/02/2024

ETIESE GEDRAG DEURSLAGGEWEND VIR AKADEMIESE, LOOPBAANSUKSES

In die lig van ’n tendens onder werknemers en maatskappydirekteure om hul kwalifikasies te vervals, beklemtoon Regine le Roux, besturende direkteur van die reputasiebestuursgroep, Reputation Matters, die noodsaaklikheid van etiese gedrag, jou hele lewe lank. Dít bepaal of jy in diens geneem gaan word…of nie.

V: Waarom is akademiese integriteit en eerlikheid deurslaggewend vir ’n suksesvolle loopbaan?
A: ’n Akademiese agtergrond dra by tot ’n suksesvolle loopbaan, want dit stel jou in staat om krities en strategies te d**k en te werk. Te meer, akademiese integriteit en eerlikheid is noodsaaklik vir ’n suksesvolle loopbaan want dit vorm die grondslag van jou aansien (reputasie) én sal ’n reuse-impak op jou toekomstige loopbaan hê. Jou aansien en goeie naam sal bepaal of jy in diens geneem kan word. Organisasies asook maatskappye wil mense in diens neem wat hul waardes versinnebeeld; mense wat hul handelsnaam waardig is en kan verteenwoordig

V: Wat is die ‘goue riglyne’ om akademiese en loopbaanintegriteit te handhaaf?
A: Die sleutel tot etiese gedrag is om bepaalde waardes vir jou te stel. Hierdie waardes sal jou lei in jou besluitneming en gedrag; met wie jy sake wil doen en HOE jy dit gaan doen.Een van die goue riglyne is integriteit – om die regte ding te doen selfs al sien niemand dit nie. Derhalwe, om jou waardes met akademiese en loopbaanintegriteit te integreer, moet jy’n Stel waardes hê wat jou in besluitneming en gedrag lei; Nooit jou waardes in gedrang bring nie.

V: Watter vorms van onetiese gedrag kom die mees algemeen onder studente en in die werkplek voor?
A: ’n Vriendin van my wat ’n kundige is op die gebied van etiese gedrag stel dit baie duidelik: jy is óf eties óf nie. Jy kan nie ’n ‘klein bietjie’ eties wees nie.Jy is nie eerlik teenoor jouself as jy jou waardes in gedrang bring nie, hoe gering ook al.Onder studente kom plagiaat of die gebrek aan korrekte verwysings of erkenning aan outeurs meermale voor, terwyl oneerlikheid oor kwalifikasies en werkondervinding weer toenemend in die werkplek voorkom.

V: Hoe moet ’n student te werk gaan wanneer hy/sy iets oneerlik gedoen het?
A: In enige geval moet dit so gou moontlik aangespreek word. Trek die pleister af! As jy nie die waarheid praat nie, sal jy uitgevang word en die lewe vir jou op die duur baie moeiliker word.Erken jou fout en BIEG – sonder om met verskonings te kom.En kommunikeer die stappe wat jy gaan doen om die situasie reg te stel. Doen dit deur daadwerklike optrede, nie net praatjies oor hoe jy iets gaan doen nie. Wys ook baie duidelik wat jy vorentoe gaan doen om so iets te vermy.

V: Watter lesse kan uit misstappe en onetiese gedrag geleer word?A: ’n Mens se toekomstige akademiese en werkloopbaan kan negatief geraak word en ’n ernstige impak op jou toekoms hê.Begrip dat ’n mens se aansien om persepsies wentel, is noodsaaklik. Dit duur lank om ’n bewese, stewige baanrekord op te bou – net één misstap en dis daarmee heen.Om jou goeie naam weer op te bou, is nie onmoontlik nie, maar dit verg tyd en geld; hulpbronne wat elders gebruik kon word, pleks van ’n gemors rondom jou aansien op te klaar.

V: Noem ’n paar bekende gevalle – plaaslik en/of internasionaal - waar studente/werknemers/bekendes/beroemdes ’n hoë prys vir oneerlikheid en onetiese gedrag betaal het.
A: Hier is ’n paar voorbeelde:Five years in jail for lying on your CV: just don't do it | Life (news24.com)5 Executives Who Lied on Their Resume (and Got Caught) | The Muse10 People Who Were Publicly Shamed for Lying on Their Resumes (businessinsider.com)V: Wat is die hoogste prys (tronkstraf?) wat opgelê kan word?A: Ek weet nie presies nie, maar sien hieronder.Ramaphosa’s adviser Thabi Leoka could face jail time (iol.co.za)According to the Qualification Framework Amendments Act, which was passed last year, Leoka could be facing five years in jail or be subject to a fine if she is found to have lied about her qualifications.The law states: “If a person is found to have falsified their (sic) qualifications, they face jail time, a fine or both.”Hier is my mening nav die Thabi Leoka-geval: Businesswoman's Blog: Comment on Thabi Leoka (dynamicbusinesswoman.blogspot.com)V: In watter mate kan die toenemende gebruik van Kunsmatige Intelligensie (KI) ’n impak hê op onetiese gedrag in die onderwys en/of werkplek?A: In ’n baie groot mate. Dit is waarom al hoe meer druk op sosiale-media-platforms geplaas word om duidelik aan te dui of iets met behulp van KI geskep is. Ek glo dit kom selfs meer dikwels voor in die akademie, dit is waarom beleid, prosedures en bestuurstrukture absoluut noodsaaklik is hoe om dit te gebruik en die nodige erkenning te gee. Gevolge moet daar eweneens duidelik uitgestippel word as daar nie voldoening is nie.

V: Hoe kan dit voorkom word?
A: Dit gaan alles oor opleiding. KI is nuut, maar as studente opgelei word om dit as ’n hulpbron soos PowerPoint, Excel, Word, ens te gebruik, kan dit hulle toerus om hul werk te verbeter pleks van plagiaat te pleeg.

Regine le Roux

25/02/2023

KLETSBOT HET DIE WÊRELD AAN DIE GONS
…maar loop lig vir ‘donker kant’

Sedert die bekendstelling van ChatGPT (Generative Pre-trained Transformer) in November verlede jaar, het nuus oor dié kletsbot nie net soos ’n veldbrand versprei nie; ChatGPT se webtuiste is, en word steeds, koorsagtig besoek. In Januarie vanjaar, het ChatGPT-gebruikers reeds die 100 miljoen-kerf oortref, met nie minder nie as 13 miljoen aktiewe daaglikse gebruikers gedurende dié maand.
Swerf jy rond op Google, kom jy om elke hoek en draai af op ’n artikel/meningstuk, onder meer oor wat al met dié blikbrein vermag is, byvoorbeeld sy gedetailleerde en goed geartikuleerde antwoorde oor baie kennisdomeine heen; voor- en nadele wat al geïdentifiseer is én verwagtinge oor die bot se potensiaal en rol vorentoe op die gebied van Kunsmatige Intelligensie (KI). Die ongelyke feitelike akkuraatheid daarvan is byvoorbeeld as ’n beduidende nadeel geïdentifiseer.
Vir die oningewydes: Volgens Wikipedia is ChatGPT ’n kunsmatige-intelligensie-kletsbot wat op 30 November 2022 as ’n prototipe deur die KI-navorsingsmaatskappy, OpenAI, bekend gestel is. “Dit is gebou bo-op OpenAI se GPT-3.5-familie van groot taalmodelle en is fyn ingestel met beide toesig- en versterkingsleertegnieke. Dit kan ook in Afrikaans kommunikeer.
“Terwyl die kernfunksie van ’n kletsbot is om ’n menslike gespreksgenoot na te boots, het joernaliste ook kennis geneem van ChatGPT se veelsydigheid en improvisasievaardighede. Dit sluit in sy vermoë om rekenaarprogramme te skryf en foute op te spoor; musiek, telespele, sprokies en studente-opstelle te komponeer; toetsvrae te beantwoord (soms, afhangend van die toets, op ’n vlak bo die gemiddelde menslike toetsing); ’n Linux-stelsel na te boots; ’n hele kletskamer te simuleer; speletjies soos tik-tak-toe te speel; en om ’n OTM te simuleer,” verduidelik Wikipedia.
“In vergelyking met sy voorganger, InstructGPT, poog ChatGPT om skadelike en bedrieglike reaksies te verminder…ChatGPT se opleidingsdata sluit bladsye en inligting in oor internetverskynsels en programmeertale, soos bulletinbordstelsels en die Python-programmeertaal. In teenstelling met die meeste ander kletsbotte, onthou ChatGPT vorige interaksie wat in dieselfde gesprek daaraan gegee is. Joernaliste het voorgestel dat dit ChatGPT sal toelaat om as ’n persoonlike terapeut gebruik te word. Om te verhoed dat aanstootlike uitsette aan ChatGPT aangebied en geproduseer word, word navrae deur ’n modererings-API gefiltreer, en moontlike rassistiese en seksistiese aansporings word van die hand gewys,” aldus Wikipedia.

KI kom ’n lang pad
“In der waarheid is KI nie nuut nie, dit bestaan al jare lank. Die tegnologie om die mens in staat te stel om sekere dinge op die rekenaar te doen deur groot volumes data te bekyk, was altyd daar. Maar dit het eintlik nie gebeur nie omdat die rekenaar nog nie kragtig genoeg was nie, en die hele kwessie van datawetenskap nog nie goed gevestig was nie. Die tegnologieë van die Vierde Industriële Rewolusie het KI nuwe lewe gegee,” verduidelik prof Basie van Solms, navorsingsprofessor, kuberveiligheid in die Sentrum vir Kubersekerheid aan die Universiteit van Johannesburg, en voormalige direksielid van NHSF.
“Met die koms van ChatGPT is dit egter die eerste keer dat Jan en alleman met KI gekonfronteer word. En nou begin mense vrae vra oor dié nuwe fenomeen, en dít is wat wêreldwyd belangstelling wek. In die algemeen, het mense voorheen nie geweet dat KI ingespan word, byvoorbeeld om nuwe medisyne of behandelings te ontwikkel nie.
“Een van die uitstaande dimensies van KI is dat massiewe dataversamelings vinnig ondersoek kan word en deur middel waarvan die rekenaar as’t ware ‘geleer’ kan word om algoritmes te bou wat ’n magdom toepassings kan bied. Neem byvoorbeeld die mediese wetenskap: met 10 miljoen mense se data oor die siektes waaraan hulle ly en die medisyne wat hulle gebruik, kan die rekenaar vasstel watter mense gesond geword het, en watter nie. Só kan daar bepaal word watter medisyne werk en watter nie. Insgelyks, kan inligting ingewin word om nuwe medikasie te ontwikkel.
In die landbou help KI byvoorbeeld om te bepaal watter gewasse groei in sekere omstandighede en watter nie. Dit is nog altyd gedoen, maar nou kan dit met baie groter massas data én vinniger gedoen word, terwyl die vermoë om die menslike brein se denkproses na te maak, ook beduidend ontwikkel het. En soos die tegnologie ontwikkel het, het ons begin om dit te beter te verstaan en toenemend te gebruik,” sê prof Von Solms.
Terselfdertyd begin al hoe meer lande om KI met wetgewing te reguleer. “Die hart van enige intelligensiestelsel is algoritmes en dít kan bevooroordeeld wees. Hoe weet ’n mens dat die algoritmes regverdig en deursigtig is en dít is van die aspekte waaroor lande begin wette maak?”

Meer gesofistikeerd
“Anders as soekenjins wat bloot inligting verskaf op grond van ’n woord of twee wat dit ‘gevoer’ word, is ChatGPT uniek in soverre dit inligting bymekaar kan sit en met ’n aflewerbare produk vorendag kan kom. En dit is maar net die begin… daar gaan in die toekoms al hoe meer soortgelyke produkte kom wat ook meer gesofistikeerd gaan wees.
“Gestel jy vra die bot vir ’n artikel oor kaas en ’n resep. Hy het nie ’n idee wat ’n resep óf wat kaas is nie, maar hy gaan soek nou deur ’n massa artikels daaroor, op grond waarvan hy meer uitvind oor wat mense oor kaas en resepte te sê het. Daaruit begin hy inligting bymekaar sit wat oplaas tot ’n sinvolle artikel lei. Mense wat hier ook ’n belangrike rol speel, is taalpraktisyns en -wetenskaplikes wat weet hoe taal ‘aanmekaar gesit’ word, want die bot moet ook weet hoe ’n mens woorde inspan om ’n sinvolle boodskap of artikel te skep. Dit is ’n leerproses vir die bot en word ook iewers in die proses ingebou,” verduidelik prof Von Solms.

Onderwys
Terwyl nuwe tegnologieë ook in verskeie fasette van die onderwys nuttig ingespan kan word, onder meer om leerlinge se skoolvordering en aanleg te bepaal, is daar egter ook ’n ‘donker kant’ wat in gedagte gehou moet word, maan prof Von Solms.
Op onderwysgebied sien hy “groot gevaarligte” fl***er in soverre studente en leerlinge take met behulp van nuwe tegnologie doen. “Nie dat dit vreemd is nie: hulle kon al lankal take ‘koop’ wat deur iemand anders geskryf is; maar dit gaan heel waarskynlik net toenemend op die voorgrond wees, wat gaan meebring dat onderwysers en dosente al hoe meer in staat sal moet wees om dit te kan herken. Nou skryf hulle ’n KI-program om uit te vind of ’n taak deur ’n rekenaar geskryf is…en dit raak baie kompleks.
Onderwysers en dosente sal nie meer net ’n taak op sigwaarde kan beoordeel nie; hulle sal vrae moet begin vra en begin ondersoek instel om te bepaal of dit die leerling/student se eie werk is of nie. Dit, op sigself, is moeilik want die tegnologie gaan al hoe meer gesofistikeerd raak.
“Akademici spook ook al jare lank met plagiaat; soos KI, is dit niks nuuts nie. Studente soek byvoorbeeld inligting op die internet oor ’n bepaalde onderwerp in ’n stuk of tien verskillende verslae en ‘spoeg en plak’ dit dan in hulle opdragte. Maar ten minste doen hulle terselfdertyd ook sélf ’n bietjie werk.
Werkplek
Toe rekenaars etlike jare gelede hul verskyning in die werkplek gemaak het, was daar allerweë bespiegelings dat ’n groot aantal mense hul werk gaan verloor. Hoewel sommige roetinewerk wel deur rekenaars oorgeneem is, het die koms van rekenaars, teen die verwagting in, heelwat meer werkgeleenthede en -kategorieë geskep, sê prof Von Solms.
“Universiteite, die werkplek, en veral professionele organisasies sal ernstig moet begin kyk in watter mate KI ’n impak op hul dienste en werk gaan hê. Die mediese wetenskap en diagnoses gaan ook verander. Hoewel mense altyd ’n rol gaan speel, kan KI en Vierde Industriële Rewolusie-tegnologieë groot voordele bring. Met die nodige infrastruktuur en betroubare verbinding, kan ingewikkelde hartoperasies met behulp dié tegnologieë in die platteland gedoen word, terwyl die persoon wat dit uitvoer, in Johannesburg of Kaapstad is. Insgelyks, sal dit algemene praktisyns ook in staat stel om vinniger akkuraat te diagnoseer.

Vorentoe
Prof Von Solms is “uiters bekommerd” oor die mate waarin gevorderde KI kubermisdaad gaan bevorder. “Ons gaan al hoe meer gesofistikeerde kuberaanvalle sien, én namate die skeidslyn tussen realiteit en die virtuele wêreld toenemend verdof, sal ons dit kwalik kan onderskei. Die menswetenskappe sal ernstig hieroor moet besin.
“Feit is: al die moderne tegnologieë word reeds deur kubermisdadigers gebruik om dit geloofwaardiger vir internetgebruikers te maak en vir hul slenters en strikke te val. Kubermisdadigers se hoofdoel is om by jou bankrekening uit te kom en jou geld te steel. Reeds in hierdie stadium gedy tegnieke soos uitvissing (phishing)om dié doel te bereik, maar in die toekoms gaan aspekte soos oudio- en videovervalsings (soos deur jou finansiële adviseur se persona en stem te gebruik om byvoorbeeld jou geld na ’n ander rekening te laat oorplaas) ook toenemend ingespan word om verbruikers om die bos te lei.
“Die groot vraag is: Hoe gaan mense kan saamleef met rekenaars wat net soveel weet as hulle? Hoe gaan mense onderskei tussen realiteit en virtualiteit? Hoe gaan kinders leer en ontwikkel as hulle alles kry wat hulle wil hê? Hoe gaan jy self jou denke ontwikkel?
“Dit het ons ’n eeu of meer gevat om te erken rook is skadelik vir jou gesondheid. Hierdie hele fenomeen van die internet is maar ’n paar dekades oud. Wat gaan ons oor ’n eeu uitvind oor die impak van tegnologie op die ontwikkeling van die mens se brein? Net tyd sal leer.”

Wees bedag
“Tegnologie is ’n gawe van Bo. Ons moet dit sover moontlik optimaliseer want dit is vir ons gegéé en vergemaklik ons lewe. MAAR ons moet besef dat tegnologie ’n goeie én ’n donker kant het. Aan die een kant help tegnologie om kanker te genees, maar aan die ander kant word dit ook ingespan om atoombomme te maak…en wapens word misbruik om mense dood te maak. Ons sal moet leer om toenemend te kan onderskei tussen goed en sleg. Ons moenie naïef wees en d**k die internet/kuberruim is veilig nie; ons moet kritiese denkprosesse ontwikkel,” beklemtoon prof Von Solms ten slotte.

Want your business to be the top-listed Accountant in Johannesburg?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Telephone

Address

43 Woodley Road
Johannesburg
2194

Opening Hours

Monday 09:00 - 13:00
Tuesday 09:00 - 13:00
Wednesday 09:00 - 13:00
Thursday 09:00 - 13:00
Friday 09:00 - 13:00